Chloor - Wikipedia
Chloor (vanuit die Grieks Chloros, wat "bleekgroen" beteken), is die chemiese element in die periodieke tabel met die atoomgetal 17 en simbool Cl.Dit is 'n halogeen en word in groep 17 gevind. Chloorgas is 'n groenerige geel gas en is twee keer swaarder as lug, dit het 'n intense onwelriekende verstikkende reuk en is uiters giftig.Dit is 'n kragtige oksideer-, bleik- en ontsmettingsmiddel.