Meer as 40 wenke vir reis in Namibië - Netwerk24
As julle in ’n groep Namibië toe gaan, maak seker almal weet wat op hulle wag en dat hulle régte kampmense is. Bespreek ook vroegtydig: Die Epupawaterval se kampeerterrein (S16.99763 E13.25483) en Camp Syncro (S17.26401 E12.44373) langs die Kunenerivier is in die Junie-skoolvakansie baie vol. Ry rustig en geniet die omgewing.